Shikongo het kommer oor oorgrens misdaad

Die hoof van die Namibiese polisie, Joseph Shikongo, het bevestig dat oorgrens georganiseerde misdaad ‘n groot bedreiging vir vrede, stabiliteit, regering en ontwikkeling in Suider-Afrika is. Hy het misdade soos dwelm- en mensehandel, voertuigkaping, wildmisdade, onwettige vuurwapenhandel, geldwassery en kubermisdaad uitgelig. Hy sê die netwerk is uiters kompleks en multidimensioneel. Die wydverspreide beskikbaarheid van tegnologie, die gemak van reis tussen streekslande, jeugwerkloosheid en korrupsie dra by tot misdaad wat oor streeks- en internasionale grense gepleeg kan word.