Shikongo bly tot September 2027

Luitenant-generaal Joseph Shikongo is deur president Nangolo Mbumba vir die volgende drie jaar, tot 30 September 2027, as inspekteur-generaal van die Namibiese polisie aangestel. Dit kom na hy die week sy 60ste verjaarsdag herdenk het. Mbumba het sy vertroue in Shikongo uitgespreek en sê hy het tot dusver, sedert hy die amp by Sebastian Ndeitunga begin September 2022 oorgeneem het, met oorgawe die Namibiese volk gedien.