Shikongo bekommerd oor kubermisdaad
Die digitalisering van georganiseerde kriminele aktiwiteite is ‘n rede tot kommer in Namibië en die SAOG-streek. Tydens die streek se Polisiehoofde Samewerkings-organisasie se trans-nasionale konferensie oor georganiseerde misdaad in Swakopmund, het die voorsitter en inspekteur-generaal van die Namibiese polisie Joseph Shikongo gesê digitale misdaad het ‘n enorme impak op die streek. Dit kan insluit van mensehandel tot migrante-smokkelary via aanlyn werkaanbiedings, geldwassery, asook kuber-aanvalle. Shikongo het verwys na die 26 Namibiërs wat na Oman onder valse voorwendsels van werk gelok is. Ander vorme sluit in kuber-afknouery, seks-werwing en kinderpornografie.