Shiimi systap vrae oor gryslys
Die begroting het in die parlement ter sprake gekom, waar Namibië se plasing op die gryslys deur die Finansiële Aksie-taakmag in Februarie een van die kwessies was wat na vore gebring is. Verskeie parlementslede het op die kwessie gefokus maar finansminister Iipumbu Shiimi het hulle vrae gesystap deur te sê dat almal moet saamwerk om te verhoed dat die land op die gryslys bly.