Shiimi skors Namcor se Mulunga

Die besturende direkteur van Namcor, die nou beleërde staats-oliemaatskppy, Immanuel Mulunga is laat Dinsdagmiddag geskors. Volgens wat berig word het die skorsing gekom na ‘n vergadering met die minister van finansies en openbare ondernemings, Ipumbu Shiimi. Dit kom na meer as ‘n week van chaos by die maatskappy. Die raad het volgens berigte teen Mulunga gedraai en net voor ‘n vergadering oor die betaling van 100 miljoen dollar deur Mulunga aan ‘n Angolese maatskappy, is die raadsvoorsitter Jennifer Comalie gearresteer na dwelms in haar voertuig gevind is. Namcor se uitvoerende hoof van besigheidstrategie Shiwana Ndeunyema sal instaan tot Maandag wanneer Lionel Mathews, adviseur in die finansministerie, sal oorneem as waarnemende besturende direkteur.