Shiimi sê oor SADC-oorgrensbetalings

Die gemeenskaplike monetêre gebied sal teen April 2027 ‘n nuwe kleinhandelbetalingstelsel vir oorgrenstransaksies bekendstel. Hierdie stelsel sal die doeltreffendheid, spoed en sekuriteit van betalings tussen Suid-Afrika, Eswatini, Lesotho en Namibië verbeter, wat nou die SWIFT-platform moet gebruik. Banke word aangeraai om intussen die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se intydse bruto vereffeningstelsel vir laewaarde oorgrensbetalings te gebruik. Die nuwe stelsel het in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom toe PDM-hoofsweep Elma Dienda finansminister Ipumbu Shiimi daaroor uitgevra het. Shiimi verduidelik hoekom dit nodig is.