Shiimi sê nie meer aan wie GRN wat skuld nie

Die Namibiese finansministerie het opgehou om besonderhede oor sy buitelandse lenings bekend te maak. Voorheen is dit in die nasionale begroting bekend gemaak maar, nie meer nie. Volgens die jongste berigte, het buitelandse skuld meer as 151 miljard Namibiese dollar bereik en beslaan dit 70 persent van die BBP. Die syfer groei ook drie keer vinniger as die Namibiese ekonomie. Die Tender Bulletin sê dit sluit in 2 miljard Namibiese dollar in buitelandse finansiering wat nie in die jongste begroting ingesluit is nie en wat ook nie bekend gemaak sal word nie, ingevolge ‘n besluit deur die finansministerie. Die minister, Ipumbu Shiimi, het wel bekend gemaak dat ‘n reuse 10 miljard dollar in die huidige finansiële jaar beskikbaar gestel is om die skuld te betaal. Dit verteenwoordig amper 10 persent meer as wat nodig was in die vorige boekjaar.