Shiimi sê nee vir belasting op suiker, vir nou
Finansminister Ipumbu Shiimi, het volgens The Brief bevestig dat die regering geen planne het om ‘n suikerbelasting in te stel nie, al kan dit bykomende inkomste genereer. Hy sê die land sal ‘n haalbaarheidstudie moet doen om die impak van so ‘n belasting op die handelaars wat produkte met suiker daarin, soos drankies, vervaardig en verkoop. Hy meen die voordele en nadele moet baie versigtig oorweeg word. Dit gaan dit ‘n onnodige koste op Namibië oplê en daardie koste sal opgeweeg moet word.