Shiimi moenie leen om begrotingstekorte aan te vul nie – ekonoom
Die middeltermyn begroting word vanmiddag deur finansminister Ipumbu Shiimi gelewer. Dit is ‘n verkiesingsjaar maar, daar is uitdagings met begrotingstekorte, veral met droogte verligting. Kosmos 94.1 Nuus het met Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matunda gesels wat sê hy hoop Shiimi wend hom nie aan skuld om die tekorte aan te vul nie.