Shifeta verduidelik waarom hy lasterklag lê

Die omgewingsminister Pohamba Shifeta het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik waarom hy ‘n kriminele klag van crimen injuria aanhangig gemaak het teen verskeie lede van die LGBTQ-gemeenskap wat glo gerugte versprei oor prominente leiers wat gay is. Shifeta sê dat die verspreiding van leuens oor individue nie net onderhewig is aan siviele laster-regsgedinge nie, maar ook ‘n misdaad is. Hy het enige iemand wie se naam onregmatig belaster word, aangemoedig om ook klagte by die polisie aanhangig te maak. ‘n Ontstelde Shifeta het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…