Shifeta se plan vir renosterhoring-verwerking is reg

Omgewingsminister Pohamba Shifeta het onlangs gesê Namibië kan oorweeg om sy voorraad renosterhorings binnelands te gebruik. Hy het beklemtoon dat die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies, of Cites, slegs internasionale handel in renosterhorings verbied. Shifeta sê dat die gebruik van renosterhorings vir farmaseutiese doeleindes mediese toeriste kan lok. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jaco Muller van die Rhino Momma Project, wat sê hulle stem met die regering saam. Hy verduidelik.

Muller sê hulle is voorstanders van die wettige verkoop van renosterhoring, want dit sal geld in die sakke sit van die mense wat na die diere omsien.