Shifeta oorweeg appél deur gemeenskappe teen ReconAfrica

Die Namibiese Regshulpsentrum sê die omgewingsminister Pohamba Shifeta oorweeg op die oomblik die appél deur verskeie gemeenskapsgroepe teen die besluit van die omgewingskommissaris om ReconAfrica se omgewingsklaring-sertifikaat aan te pas. Volgens die aansoekers, kan aanpassings alleenlik gemaak word as nuwe impakstudies gedoen word en dan moet ‘n nuwe sesrtifikaat uitegereik word. Hulle meen ook hy het buite sy magte opgetree om die aanpassings te maak. Die Regshulpsentrum, wat die gemeenskappe verteenwoordig, het aangevoer dat die impakstudies wat tot dusver gedoen is ook onvoldoende is en die volle impak van die Kanadese olie-reus se eksplorasie in die noordooste van die land, nie in oorweging gebring is nie.