Shifeta, Mufeti keur mynlisensie, en pad, goed in Kunene-bewarea

Kosmos 94.1 kan bevestig dat alhoewel daar nog geen dokumente op die twee Kuenene-bewareas en Ultimate Safaris se hofsaak se lêer is nie het die omgewingsminister en –kommissaris soos deur regter Esi Schimming-Chase beveel, wel antwoord gegee aan die drie oor die mynlisensies in die gebied. Die klaringsertifikaat is steeds geldig en die lisensies is nie opgehef nie en is inteendeel uitgebrei. Die myn is ook die reg gegee om ‘n pad te bou. Die bewareas en die toermaatskappy het groot kommer oor die swartrenoster bevolking in die gebied.