Shelly Point Hotel sal R500 miljoen kos om te herbou

Dit sal ʼn half-miljard Suid-Afrikaanse rand kos om die gewilde Shelly Point Hotel en Spa by St Helenabaai aan die buurland se Weskus te herbou nadat dit ʼn week gelede deur ʼn brand in puin gelê is. Die hoofaandeelhouer van die Lone Bull-groep wat die eiendom besit, Gert Joubert, sê hulle het nog nie besluit of dit wel herbou gaan word nie. Hy sê dit sal onmoontlik wees om die 30 modelskepe en die Persiese matte in elke kamer te vervang. Joubert sê hulle staan die 130 werknemers by om ander werk te kry.