Shell V-Power: Groter, beter en harder!

Redline Motorklub bied die 2023 Shell V-Power Rally aan wat beplan is vir die 20ste en 21ste Oktober. Die tydren het 12 trajekte, insluitend ‘n Super-Spesiale trajek, wat uiters toeskouervriendelik sal wees. Hierdie keer net beter, groter en harder! Dippies Dippenaar van die Redline Motorklub het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hoe voorbereidings vorder.