Shell teiken nog twee putte 

Shell sal oor die volgende ses tot nege maande nog twee putte aflandig in die suide van die land boor. Volgens die maatskappy se hoof uitvoerende beampte Wael Sawan, het hulle belowende data oor ‘n moontlike nuwe bron ontvang. Die olie-reus beplan om een eksplorasieput, een en evalueringsput te boor en een vloeitoets by sy eksplorasielisensies uit te voer na die jongste data volgens hom baie beduidend was. Shell belê op die oomblik ‘n kwart van sy begroting vir water-eksplorasie in Namibië, ongeveer 250 miljoen Amerikaanse dollar.