Shell se olie-ontdekkings dalk kleiner as geraam

Shell se twee grootste olie-ontdekkings aflandig van Namibië, Jonker 1 en Graff 1, blyk minder herwinbare reserwes te hou as wat voorheen geraam is, volgens ‘n topbestuurder in die energie-ministerie, het Upstream Online berig. Verlede Augustus het Shiwana Ndeunyema, waarnemende besturende direkteur van Namcor, gesê 11 miljard vate olie-in-plek is in die Oranje-kom ontdek. Hiervan het Jonker vermoedelik sowat 2,5 miljard vate gehou en Graff sowat 2,7 miljard vate. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Namcor se woordvoerder, Paulo Coelho, wat sê hulle wag nog vir die amptelike verslag en alles is nou net beramings.