Shell het twyfel oor sy olie- en gas-vondse
Shell het geen tekort aan olie en gas in sy Namibiese aflandige ontdekkings nie, maar daar is twyfel oor mobiliteit, sê Shell se uitvoerende hoof, Wael Sawan. Hy verduidelik dat die maatskappy se vondse in die Oranje-bekken geologies kompleks is en dat die maatskappy besig is om te ondersoek of olie en gas op ‘n kommersiële basis onttrek kan word. Shell het vyf ontdekkings in PEL 83 gemaak, naamlik Enigma, Jonker, Graff, La Rona en Lesedi. Hy het tot dusver net een eksplorasieput geboor, wat onsuksesvol was. Hierdie vondse blyk meer onderwater-uitdagings vir onttrekking in te hou as TotalEnergies se Venus en Mangetti vondse, en Galp Energia se reuse Mopane ontdekking.