Sheehama-verdagtes vra binnekort vir borg

Die Matheus Sheehama moordsaak is tot 22 en 23 Oktober uitgestel. Die sewe verdagtes, wat die 24-jarige Sheehama se meisie, Jessica !Gaes en haar broer Jimmy !Gaeb, sal na verwagting om borg aansoek doen. Sheehama het op 27 Julie vermis geraak na ‘n braai in Walvisbaai. Daar was ‘n onderonsie en hy is aangerand. Hy het op 6 Augustus naby die vloot se basis uitgespoel. Daar was vanoggend ‘n vreedsame optog om borg te weier.