Sheehama moord draai weer in die hof

Sewe verdagtes sal weer vandag in die hof op Walvisbaai verskyn in verband met die dood van Matheus Sheehama. Sheehama het na ‘n braai op 27 Julie verdwyn en sy liggaam het op 6 Augustus naby die vlootbasis op die dorp uitgespoel. Die saak het baie aandag getrek omdat Sheehama ten tyde van sy verdwyning by die braai aangerand is na ‘n bakleiery. Die verdagtes is Marvin Wapota, Romano Paulus, Enrico Gomachab, Michael Awaseb, Jimmy Gaeb, Moses Kandume, en sy meisie Jessica Gaes.