Sharma verdedig finale COP26-ooreenkoms

Die president van COP26, Alok Sharma, het die wysigings verdedig wat aan die oorspronklike bewoording van die Glasgow-klimaatsverdrag aangebring is oor die uitskakeling van steenkool. Dit volg nadat die lande slegs ingestem het om minder steenkool te gebruik in plaas daarvan om dit uit te faseer. Die verandering is aangebring nadat China en Indië betrokke geraak het. Dié twee lande is sterk afhanklik van steenkoolkrag. Sharma sê hy was genoodsaak om die bewoording oor steenkool te aanvaar, anders sou hulle dalk sonder ‘n ooreenkoms geëindig het: