Shannon se familie laat uitspraak in Here se hande

Azaan Madisia en haar broer Steven Mulundu, wat beskuldig was van die moord op Shannon Wasserfall in Walvisbaai in April 2020, is in Mei verlede jaar onskuldig bevind op die moordklag. Hulle is wel skuldig bevind aan regsverydeling en Madisia op twee verdere klagte van bedrog. Madisia is tot 8 jaar gevangenisstraf gevonnis en Mulundu tot 6 jaar. Die saak het gekom nadat Wasserfall se oorskot ses maande nadat sy as vermis aangemeld is, in ‘n vlak graf naby die Dunes Mall gevind is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Shannon se pa, Dennis Wasserfall, oor hoe dit met die familie gaan. Hy sê hulle is steeds nie tevrede met die uitspraak nie en kry swaar, maar hulle het dit in die Here se hande gelaat.