Shannon se familie hoop vir geregtigheid – uitspraak vandag verwag
Uitspraak in die moordsaak van Azaan Madisia en haar broer Steven Mulundu sal vandag deur regter Christie Liebenberg in die hoërhof gelewer word. Die twee, onderskeidelik 30 en 25 jaar oud, word van die moord van die 22-jarige Shannon Wasserfall op Walvisbaai in April 2020 aangekla. Albei het onskuldig gepleit op klagte van moord en roof, maar het skuldig gepleit op klagte van dwarsboming van die gereg met Madisia wat ook skuldig gepleit het op twee klagte van bedrog. Haar verweer is dat sy en Wasserfall fisies baklei het toe Wasserfall oor ‘n bed geval en haar kop teen die muur gestamp het. Madisia ontken dat sy en haar broer saamgesweer het om Wasserfall te vermoor. Shannon se broer, Dennis Wasserfall, sê die familie hoop dat geregtigheid sal geskied.