Shangula vra weer Covid-toetse, en -spuite

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het Namibiërs versoek om hulself te beskerm deur vir Covid-19 getoets te word en te verseker dat hulle ingeënt word. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het sy riglyne oor die dra van maskers in die openbaar aangepas en die dra van maskers aanbeveel. Shangula sê alhoewel die dra van maskers deur die WGO aangeraai word, is dit lande se besluit of dit weer ingestel moet word of nie. Dr. Shangula sê die Covid-situasie is tans onder beheer in die land.