Shangula stem nie met Mudge saam oor WGO-pandemie-verdrag
Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party, het op ‘n perskonferensie gesê die WGO se pandemie-verdrag sal na sy mening beheer aan die organisasie gee om besluite namens die Namibiese regering te maak, soos tydens Covid. Kosmos 94.1 Nuus het navraag gedoen by die gesondheid-minister en volgens dr. Kalumbi Shangula gaan die verdrag nie die land se soewereniteit affekteer nie. Hy sê dit sal die ongelykhede van lande aanspreek tydens pandemies. Die verdrag sal ook eers in parlement gedebatteer word voordat Namibië dit gaan teken.
Mudge het ook gesê dat Covid-inentings meer dood veroorsaak het as die virus. Shangula andwoord hierop.