Shangula sê toetse vir nuwe variant word gedoen

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula sê daar word plaaslik variant-toetse op Covid-uitslae gedoen en die nuwe variant is nog nie opgemerk nie. Hy het aan plaaslike media beklemtoon dat dit nie beteken die variant kom nie in Namibië voor nie, net dat dit nog nie opgetel is nie. Ewekansige steekproefneming word gebruik om variante plaaslik te identifiseer. Buiten Suid-Afrika wat reeds 100 gevalle geïdentifiseer het, is die variant B.1.1.529 ook in Hongkong en Botswana bevestig.