Shangula sê oor struikelblokke oor medisyne, voorraad

Gesondheidminister Kalumbi Shangula sê openbare hospitale sukkel al die afgelope drie jaar om noodsaaklike middels in voorraad te kry. Shangula het ‘n opdatering in die Nasionale Vergadering gegee na ‘n versoek deur Republikeinse Party-parlementslid Lucia Tjiveze. Hy sê die struikelblokke sluit in wetlike uitdagings vir verkrygingsprosesse vir medisyne, lang prosedures ingevolge die Wet op Openbare Verkryging, en ‘n lae verkrygingsdrempel in terme van die Verkrygingswet. Hy het ook die tekort aan medisyne geblameer op onder andere swak prestasie deur verskaffers, ‘n tekort aan aktiewe farmaseutiese bestanddele vir sommige produkte, en ontwrigting van internasionale logistieke kanale.