Shangula sê maatskaplike kwessies spoel oor na sy ministerie toe

Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het sy kommer uitgespreek oor maatskaplike uitdagings wat sy ministerie se probleem raak. Hy het melding gemaak van die wanvoedingsyfers in die land maar voeg by dat daar ook voorvalle is van ouers wat nie hulle kinders versorg nie en eerder drank koop as kos. Geslagsgweld is ook ‘n probleem. Die basiese inkomste toelaag word geag as ‘n oplossing en die lynminister Doreen Sioka het die onlangse petisie in die verband ontvang. Sy sê die toelaag word oorweeg.