Shangula reageer op Polio-risiko
Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het gereageer op die Afrika-streeksertifiseringskommissie vir Polio-uitwissing wat waarsku dat verskeie lande in Suider-Afrika moontlike uitbrekings kan hê. Die waarskuwing volg nadat daar reeds vanjaar regoor Afrika 300 bevestigde gevalle van polio en byna 250 opsporings van die virus in afvalwater was. Die kommissie beklemtoon die lande moet dringend gapings in inenting teen polio vul om moontlike uitbrekings te keer omdat inenting die enigste manier is om die siekte uit te roei. Shangula sê die siekte word baie goed plaaslik gemonitor.