Shangula het kommer oor neonatale en moedersterftes

Die minister van gesondheid dr. Kalulmbi Shangula het vanoggend by ‘n seminar oor neonatale sorg sy kommer uitgespreek oor die verhoogde moedersterftes, babas wat dood gebore word en neonatale sterftes wat in die land aangeteken word. Die 2022-verslag oor moedersterftes, dood gebore babas en neonatale sterftes vir April 2018 tot Maart 2021 onthul onder meer dat ‘n totaal van 145 moedersterftes by die ministerie aangemeld is, terwyl ‘n totaal van 1 066 doodgeboortes en 1 069 neonatale sterftes aangeteken is. Boonop is 4 406 babas dood gebore en daar was 2 572 neonatale sterftes deur die ministerie se eie inligtingstelsel vasgelê.