Shanghala bepleit uitstel van saak, sê daar’s minagting van hulle regte

Oud-justisieminister en Fishrot-verdagte Sacky Shanghala het vanoggend regter Moses Chinhengo in die hof toegespreek. Laat in November het die regter druk op die verdagtes geplaas en gesê die verhoor moet in die eerste week van Desember begin. Hy sê die groep is reeds formeel aangekla in Oktober 2021 en het sedertdien tyd gehad om ‘n verdediging voor te berei. Die eerste arrestasies is reeds einde November 2019 gedoen en die staat is sedert 2 Oktober gereed om voort te gaan. Shanghala sê die bevriesingsbevel het hulle lamgelê en voeg by dat hulle nie op hulle louere gerus het sedert hulle arrestasie nie.

Bernhardt Esau, James Hatuikulipi, Pius Mwatelulo, Sacky Shanghala en Ricardo Gustavo is nie gereed om te begin nie. Dit wil voorkom asof die groep nie van regshulp gebruik wil maak nie.