Shanela looi onwettige mynwese in Gauteng

Die Gautengse polisiekommmissaris, Elias Mawela, sê met Operasie Shanela is wetstoepassingsagentskappe voluit besig met die ontwrigting en afbreking van onwettige mynbou-bedrywighede regdeur die provinsie. ‘n Operasie is in die Wes-Randse distrik uitgevoer. ‘n Polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê verskeie misdaadvoorkomings-optredes is uitgevoer in Magaliesburg, Randfontein, Krugersdorp en Kagiso, soos padblokkades, drank-voldoeningsinspeksies en besoeke aan onwettige mynbou-brandpunte: