Shamsi onttrek aan Proteas-kontrak

Krieket: Die Protea-draaibouler Tabraiz Shamsi het besluit om aan sy nasionale kontrak te onttrek. Die 34-jarige en Krieket Suid-Afrika sê in ʼn gesamentlike verklaring die besluit is onmiddellik van krag. SuperSport berig dit bied Shamsi meer buigsaamheid om in verskeie internasionale ligas te speel maar hy kan terselfdertyd nog vir Suid-Afrika speel. KSA sê hulle respekteer sy besluit en glo hy sal toegewyd bly aan Suid-Afrikaanse krieket. Shamsi het reeds 51 eendagwedstryde en 70 T20s vir die Proteas gespeel.