Shackdwellers vorm deel van GRN se behuisingsbeleid
Die Namibiese kabinet het die hersiene beleid oor behuising goedgekeur. Volgens die inligtingsministerie het die implementasieplan sowel as die begroting daarvoor ook die groenlig gekry. Die regering sukkel reeds jare om voldoende behuising te verskaf. Intussen doen die Namibiese Shackdwellers-federasie baie goed met sy pogings en dit blyk asof die regering daarvoor erkenning gee. Volgens Heinrich Amushila van die vereniging is hulle reeds betrokke by die beleid en die plan.