Sewes: Vol stadion die naweek in Hongkong verwag

Die Blitsbokke en die ander elf spanne kan die naweek ‘n volgepakte Hongkong-stadion verwag vir die Chinese gebied se wêreldreekstoernooi. Wêreldrugby sê al 120 000 kaartjies vir die drie-daagse byeenkoms is verkoop. Suid-Afrika speel sy groepswedstryde teen Ierland, Samoa en Spanje. Die Blitsbokke, met die voormalige seweskaptein Philip Snyman as nuwe hoofafrigter, hoop om te verbeter op hulle sewende plek op die punteleer. Hulle het die openingtoernooi in Dubai gewen, maar in die volgende vier toernooie teleurgestel.