Sewende verdagte gearresteer in Matheus Sheehama-saak

‘n Sewende verdagte is in hegtenis geneem in verband met die dood van die 24-jarige student, Matheus Sheehama, by Walvisbaai. Volgens die NBC is die verdagte die 18-jarige Moses Kandume. Hy het glo vlugtig saam met vyf ander verdagtes in die Walvisbaai landdroshof verskyn op klagte van onder meer moord, regsverydeling en ontvoering. Sheehama se meisie, die 27 jarige Jessica Gaes, is vroeër in hegtenis geneem en het reeds verskyn. Haar saak is tot 22 Augustus uitgestel.