Sewe sterf, 11 in hospitaal weens voedselvergiftiging

Sewe mense is dood en elf ander veg steeds om hul lewens in ‘n hospitaal in die Kavango-Oos-streek nadat hulle vermoedelik voedselvergiftiging opgedoen het. Volgens die Namibiese polisie se streeksbevelvoerder, kommissaris Bonifatius Kanyetu het die mense vermoedelik Saterdag pap eet wat gemaak is van die oorblyfsels van tradisioneel gebroude alkohol op Saterdag. Die 18 mense van die nedersetting Kayova in die Ndiyona-kiesafdeling is, is Sondag in die Nyangana-hospitaal opgeneem en later na die Rundu-staatshospitaal oorgeplaas.