Sewe nuwe Covid-gevalle aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het sewe nuwe Covid-gevalle uit 1 107 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 0,6 persent verteenwoordig. In die groep is een student. Daar is nou 115 aktiewe gevalle, waarvan 13 pasiënte in hospitale is en een ‘n in hoësorgeenheid is. Altesaam 306 978 persone is ten volle ingeënt.