Sewe mense in Bishop Lavis doodgeskiet

Die Wes-Kaapse polisie sê een van die beseerdes wat met ernstige hoofbeserings in die hospitaal was, na ‘n massaskietvoorval in Bishop Lavis, is dood. Nog vier mans en twee vroue is gisteraand vermoor. Die polisiewoordvoerder, Andrè Traut, sê ʼn gewapende verdagte het gisteraand omtrent 20 voor nege by ʼn informele woning in Kogelbergstraat ingegaan en op die mense losgebrand.