Sewe dood in stormloop by gospelkonsert in DRK

Minstens sewe mense is dood en honderde beseer tydens ‘n stormloop by ‘n musiekkonsert in Kinshasa in die DRK. Die stormloop het plaasgevind by die Stade des Martyrs-stadion met ‘n kapasiteit van 80 000 in die hartjie van Kinshasa waar Mike Kalambayi, ‘n gewilde Kongolese gospelsanger, opgetree het. Owerhede het nie kommentaar gelewer oor wat die stormloop veroorsaak het nie en sê ‘n ondersoek na die voorval is aan die gang. ’n Geskatte 30 000 mense het die konsert bygewoon.