Sewe dood in nog ‘n massaskietery in VSA, 38ste geval tot dusver in ’23

Daar was weer ‘n massaskietery in die VSA, etlike dae na die dood van 11 mense in Monterey Park in Kalifornië. Sewe mense in die noorde van die deelstaat in twee aanvalle naby Half Moon Bay doodgeskiet. ‘n Verdagte is reeds in hegtenis geneem. Dit is die 38ste massa-skietvoorval tot dusver die jaar in Amerika. President Joe Biden het hom herhaaldelik uitgespreek daarteen en wil hê die Huis en Senaat moet wapenwetgewing aanpas. Hy het homself vroeër so uitgespreek.