Sewe dood in Hamburg na Jehova-getuies aangeval is

Minstens sewe mense is dood en tientalle beseer ná ‘n skietvoorval by ‘n saal van die Jehova-getuies in die noord-Duitse stad, Hamburg. Die polisie sê die gewapende man is onder die wat dood is, maar hulle is besig om seker te maak geen ander oortreders was betrokke nie. Die motief vir die skietery is op hierdie stadium nie bekend nie. Die Jehovah-getuies is deel van ‘n internasionale kerk wat in die 19de eeu in Amerika gestig is. Sowat 175 000 mense in Duitsland is Jehovah-getuies wat 3 800 in Hamburg insluit.