Seuntjie, 3 verdrink in rioolput

Die Erongo-polisie het ‘n nadoodse ondersoek van stapel gestuur na die drie-jarige Cornelius Visser Maandagmiddag in ‘n rioolput by ‘n lodge in die gebied geval en verdrink het. Die put se mangat was sonder ‘n deksel. Volgens die mag het die kind in die omgewing van werkerskwartiere gespeel toe hy vermis geraak het. Toe die ma opmerk dat die kind nêrens naby haar kamer is nie, is ‘n soektog van stapel gestuur en sy skoentjie is by die oop mangat gevind. Die put se water is uitgepomp en sy liggaam is gevind.