Seuns sterf toe weerlig rivier tref

Die polisie in Limpopo het met ‘n ondersoek begin nadat twee seuns van 12 en 13 jaar in ‘n rivier by Makgodu verdrink het. ‘n Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê ‘n groep seuns was besig om in die rivier te swem toe die water deur weerlig getref is. Twee van hulle het verdrink, maar die ander drie is ongedeerd. Hy sê die polisie het met ‘n geregtelike ondersoek begin.