Seuns en hul geestesgesondheid vandag onder die soeklig
Die White Ribbon-veldtog Namibië en sy vennoot The Voice Of Men 360 sal vandag Wêrelddag van die Seunskind vier onder die tema “Seuns en hul geestesgesondheid.” Dit sal vanjaar in 27 lande gevier word. Seuns is broos en kwesbaar maar op hul reis na manlikheid word seuns geleer om nie die natuurlike en spontane reaksies op geestelike, fisiese, emosionele en sielkundige pyn, teleurstelling en verwerping uit te druk nie. Charles Simakumba, die stigter van White Ribbon Namibia, deel meer met Kosmos 94.1 Nuus…