Seun sterf in klas

‘n Tragiese toneel het hom in Swakopmund afgespeel. ‘n 15-jarige graad 9-leerder het vanoggend net na 9 skielik in ‘n klas by Swakopmund Sekondêre Skool ineengestort. Reddingsdienste is ontbied maar die seun is by hul aankoms dood verklaar. Die oorledene is na die Swakopmund Staatshospitaal-lykhuis geneem en ‘n lykskouing sal by die Walvisbaai-polisielykhuis gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal. Geen gemene spel word vermoed nie en die polisie-ondersoek duur voort.