Seun rand blykbaar ma, 64, ernstig aan

Vanuit die Kavango Wes-streek sê die Namibiese polisie dat ‘n ernstige saak van aanranding geopen is by die Mpora-nedersetting. Volgens die mag het ‘n 28-jarige Namibiese man, sy ma, 64, baie ernstig aangerand het haar herhaaldelik in die gesig geslaan het. Hy is gearresteer en sal volgens die polisie môre in die hof verskyn. Die motief vir die aanval is nie bekend nie.