Seun, 40 vas vir poging tot verkragting van sy ma, 79

Die Namibiese polisie sê hy ondersoek ‘n saak van poging tot verkragting, gelees met die huishoudelike geweld-wetgewing, na ‘n 40-jarige man sy 79-jarige ma probeer verkrag het. Die gru-voorval het in die Onesi-kiesafdeling in die Omusati-streek plaasgevind. Hy het haar blykbaar gestamp en toe sy val toe poog hy om haar te verkrag. Die polisie sê daar was geen alkohol betrokke nie. Die man is gearresteer.