Seun, 17, verkrag blykbaar niggie, 6
Die Namibiese polisie ondersoek ‘n saak van verkragting. Volgens die mag het ‘n 17-jarige seun oor die naweek sy ses-jarige niggie op Eembidi in Ondobe in die Ohangwena-streek verkrag. Hy het haar met aanranding gedreig as sy iemand sou vertel daarvan. Die mag het geen verdere besonderhede bekend gemaak nie, maar sê die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.