Seun, 15, verkrag blykbaar sy niggie, 5

’n Vyfjarige meisie is na bewering herhaaldelik deur haar 15-jarige neef by die Okalale-nedersetting in die Omusati-streek verkrag. Moses Simaho, NamPol se koördineerder vir misdaadondersoeke sê die voorvalle het na bewering tussen Maart en Julie 2024 plaasgevind en is vandag by die polisie aangemeld. Die twee kinders woon in dieselfde huis. Die ondersoek duur voort en die verdagte sal binnekort in hegtenis geneem word.